Neem nou maar die voorbeeld van jou motor wat by jou afsterwe in jou motorhuis wat grens aan jou huis geparkeer staan, vorm dit by jou afsterwe deel van jou "persoonlike items" soos bemaak in jou testament, of dalk nie?
Kom ons neem die volgende klousules as 'n voorbeeld:
| 1. |
Ek die testateur bemaak
my boedel soos volg:
|
| |
1.1 |
|
Aan
my vriend ARNO CLASSEN my visstok; |
| |
1.2 |
|
Aan my ouers JULIANA en ALBRI LOTTERING die opbrengs van my
Standard Bank Belegging met nommer: 123 456; |
| |
1.3 |
|
Aan my suster CORNE BASSON my naaldwerkmasjien en kissie met
garings; |
| |
1.4 |
|
Aan
my gade, MARLENE MORTON die volgende: |
| |
|
|
1.4.1 |
My
woonstel te MALOPE WEG, GEORGE met erf nommer: 789;
|
| |
|
|
1.4.2
|
Enige meubels en persoonlike
items van haar keuse, teenwoordig in ons woonhuis ten tye van my afsterwe
(uitgesluit egter die items hierbo spesiaal bemaak)."
|
| |
1.5
|
|
Die restant van my boedel in gelyke dele aan my kinders
JENNIFER MORTON, WILLEM MORTON en BELINDA MORTON.
|
In hierdie geval sal die gade van mening wees dat die motorvoertuie onder die term "persoonlike items" resorteer terwyl die kinders (uit 'n vorige huwelik) van mening sal wees dat die motorvoertuie as deel van die restantklousule beredder behoort te word.
Dis ongelukkig nie duidelik wat die testateur se bedoellng met die motors was nie - het hy bloot vergeet om dit spesiaal te bemaak of was dit sy bedoeling dat dit deel van die persoonlike items aan sy gade moet uitmaak of was dit met opset uitgelaat sodat dit onder die restantklousule na sy kinders moet vererf?
Die feit dat enige van die gemelde drie scenario's soos hierbo genoem 'n bedoeling van die testateur kon wees, maak dit soveel meer belangrik dat 'n bemaking sorgvuldig beskryf moet word om die testateur se korrekte bedoeling weer te gee.
"Persoonlike items" word gewoonlik soos volg gedefinieer "privately owned items, such as keys, an identification card, a wallet or a watch, that are regularly worn or carried on one's person."
"clothing, toilet items etc. for intimate use by an individual."
"property of a personal character that is portable but not used in business."
In 'n ou saak van 1920, het die hof die standpunt gehuldig volgens die interpretasiereëls wat toe gegeld het, naamlik om streng net na die bewoording van die testament te kyk.
"No doubt, where this term is put at the end of an enumeration of things bequeathed, it can sometimes be given a wide meaning. It may be used as a general clause, intended to cover things which the testator does not at the moment remember to enumerate or which may come into his ownership after the drafting of the will, but which, he intends to bequeath.
But where, as in the will, the term is put at the beginning of the list, it seems to me that it cannot be given this wide meaning. I think that by "personal effects" the testator meant such articles as he would carry about with him on his person eg his clothes, his watch, or which would be associated with his person, accompanying him if he changed his residence, eg toilet articles, photographs, golf clubs."
In ‘n saak van 2013 het die hof egter die bedoeling van die testatrise bepaal “by also looking at evidence outside the wording of the will even before looking at stipulations that may be unlawful/discriminatory” in die testament en toe na getuienis van ‘n vriendin van die testatrise gekyk om haar bedoeling te omlyn. Hierdie “nuwe” benadering van die Hoogste Hof van Appèl om soos by die interpretasie van kontrakte (om die bedoeling te bepaal) ook na eksterne getuienis te kyk kan baie behulpsaam wees om ‘n meer akkurate interpretasie van die bedoeling van die testateur ook in die voorbeeld hierbo te maak.
Na aanleiding van bogemelde verduidelikings, kan die eksekuteur van mening wees dat op sterkte van die ontleding van die bewoording van die testament metode van die verlede, die oorledene se bedoeling kon gewees het om slegs sy "persoonlike items" wat deel van sy persoon uitmaak en meubels aan sy gade te bemaak. Indien die oorledene ten tyde van die opstel van die testament en ondertekening daarvan, reeds die eienaar van die motorvoertuie was (dit is getuienis byvoorbeeld waarna gekyk kan word) kan die eksekuteur die afleiding maak dat hy heelwaarskynlik doelbewus die motors, in paragraaf 1.4.2 uitgelaat het.
Hierdie afleiding strook met die hof se argument in die gemelde 1920 saak waar 'n eng eerder as 'n wye betekenis aan die term "persoonlike items" toegedien word, veral waar daar vooraf verskeie ander individuele bemakings gemaak is en die oorledene gekies het om nie die motorvoertuie spesifiek te bemaak nie. Alvorens mens hierdie finale gevolgtrekking kan maak is dit belangrik om na moontlike getuienis oor bedoeling van die testateur te kyk, soos sy meedelings aan die opsteller van die testament of moontlik aan onpartydige familie/vriende/adviseurs.
Soos altyd is "voorkoming beter as genesing" en nooi ons graag ons lesers uit om julle bestaande testamente deur te werk en selfs deur te stuur na ons Boedel en Trustafdeling vir 'n professionele opinie.