Aktesafdeling voeg waarde toe vir agente

20 October 2014 1421
Die afgelope klompie weke het Madeleine Goldie, Salomé van Wyk en Albri Voges verskeie informele lesings by ons kantore aangebeid vir verskillende Eiendomsagentskappe. Die opleiding is daarop gemik om waarde toe te voeg vir agente.

Madeleine doen 'n aanbieding oor die proses by die Aktekantoor. Albri praat oor opskortende voorwaardes en al die verskillende sertifikate wat soms vereis word vir oordrag. Salomé se aanbieding is oor Eiendomsbelastings en die verskillende partye tot 'n kontrak en die entiteite wat hulle kan wees. Die mees gewilde aanbieding is een wat Madeleine en Salomé saam aanbied oor Agentekommissie.

Die foto hierby is die Suid-Kaap groep van Realnet agente, met Salomé by hulle. Die aktesafdeling sal definitief in die nuwe jaar verdere onderwerpe van belang vir agente voorberei en aanbied.

Tags: Firm News
Share: