Wanneer hierdie tipe eise egter ingestel word is dit raadsaam om nie net met die hoofaksie (actio de pauperie) alleen te volstaan nie, maar om ook ‘n alternatiewe eis, gebaseer op ʼn tweede gemeenregtelike aksie, in te stel. Hierdie gemeenregtelike aksie staan bekend as die actio legis aquiliae. Laasgenoemde aksie word ingestel waar die Eiser nie kan bewys dat ʼn bepaalde persoon die eienaar van die hond is nie, of indien daar nie bewyse gelewer kan word dat die hond teen sy natuur opgetree het nie. Actio legis aquiliae stel die Eiser daartoe in staat om ʼn eis van nalatigheid teen die persoon wat ten tye van die voorval in beheer van die hond was, in te stel. Die eis sal egter slegs suksesvol wees indien nalatigheid bewys kan word.
Uit die bogemelde is dit dus duidelik dat ʼn Eiser twee duidelike aksies het indien hy/sy deur ʼn hond gebyt word, naamlik die actio de pauperie en actio legis aquiliae. Daar is egter (soos genoem in die artikel) verskeie vereistes waaraan hierdie aksie moet voldoen. Om skade te voorkom is dit egter ook belangrik dat 'n honde-eienaar voorsiening moet maak vir publieke aanspreeklikheidsversekering om sy/haar boedel teen skadevergoedingsaksies te beskerm. Dit sal raadsaam wees om in geval van ‘n hondbytvoorval, ‘n prokureur te raadpleeg wat spesialiseer in liggaamlike beseringseise om die eiser van advies te voorsien en die aksie namens die eiser in te stel.
Get in touch with us to discuss how we can help you with your challenges