Potjiekos

29 July 2014 571

Die span van Millers het op Mandela dag hul jaarlikse potjiekoskompetisie gehou. Die vier hoofafdelings van Millers, nl. Litigasie, Kommersieel, Aktes en Boedels het met mekaar meegeding om die potjiewisseltrofee.

Vooraf het die spanne verskeie geheime vergaderings gehou, sodat die ander spanne nie kon agterkom wat hulle temas is nie. Behalwe die groot prys van potjie wat die beste smaak, was daar ook 'n prys vir die tema, die gees en aanbieding van die kos.

Die kantoor het vroeg om 13:00 gesluit en onmiddellik is daar met ywer aan die werk gespring. Vure is aangesteek, drankies is geskink en elke span het sy area onder die afdak begin versier. Soos die versiering gevorder het, was dit duidelik dat Aktes se hippie tema 'n wenner gaan wees. Nie lank nie toe daag hulle daar op met 'n ou Volla en daar gaan staan dit toe en almal moet uitspring om dit weer aan die brand te stoot. Toe kom die span te voorskyn met 'n hele 12 liter bottel rooiwyn. Het hulle dan nie in die ou dae gesing, "sakke, sakke vol dagga, kanne, kanne vol wyn! Die ander spanne het hard probeur om hulle temas van Springbokke, Skapies en Potpouri uit te beeld, maar Hippies was bo.

By die Skapies – almal met mooi skapies op hulle truie en skapies teen die muur – was die atmosfeer lekker rustig. Hier het ons duidelik te make met wolf wat skaapwagter gemaak is of so iets. Hulle laat die beoordelaars by 'n mooi tafel aansit om die potjie te proe en verly toe die beoordelaars met skaapribbetjie as voorgereg. Hulle wen maklik die prys vir aanbieding.

Die laaste prys – blikbeker – is vir gees. Die Potpourie span van Kommersieel het hierdie prys gewen. Hulle het almal verskillende kleur hempies aangehad en hulle naels, ook die mans s'n verskillende klere geverf. Daar is heerlik gekuier by die span.

Verlede jaar was meeste van die potjies, hoender gewees, maar vanjaar was daar twee skaap potte, 'n bees pot en 'n springbok potjie. Die smake was almal baie goed, maar weer eens het die Boedelafdeling vir 'n tweede jaar in 'n ry die wisseltrofee gewen vir die smaaklikste potjie. Ons sou kon vra wat hulle sukses is? Eerstens is hulle tema en pot met noukeurige aandag aan detail gekies en gemaak. En dit is wat mens mos verwag van mense wat jy vertrou met jou testament, trust en boedel. Tweedens is daar 'n gemeensaamheid en omgee vir mekaar wat weerspieël word, wat daartoe lei dat hulle effektief is. Ook dit is wat mens verwag van die mense in daardie afdeling. Wanneer hulle jou boedel beredder soek jy vriendelikheid, meegvoel en effektiwiteit!

Standard Bank se Besigheidsafdeling het vir George Payne en Gerhard du Toit gestuur om op te tree as beoordelaars. Dit was vir hulle en 'n paar van die jong prokureurs so lekker dat hulle tot die vroeë oggendure gekuier het. Die dag was weer 'n reuse sukses.

Tags: Firm News
Share: