Oktober 2013

30 September 2013 601

Die jaar vlieg voort in dolle vaart, hier is dit alweer Oktober. Soms praat jy met kliënte van die firma vir wie jy of jou afdeling nie werk  doen nie en dan kom jy agter hulle dink jy weet alles van hulle en hulle saak of transaksie af en dan weet jy niks daarvan nie. Net so dink ons baie van ons Millers kliënte weet alles van ons af en dan is dit nie so nie.  Hierdie nuusbrief is 'n opdatering van wat gaan aan en waarmee ons besig is.

Daar is vier lekker artikels oor die boedel, testamente en trustreg in hierdie uitgawe.  Ons boedel, testamente en trustafdeling het ervare deskundiges in die persone van Professor Willie van der Westhuizen as Direkteur van die afdeling. Willie is die skrywer van die boek Wills and Trusts. Hy word bygestaan deur ons twee assosiate,  Corné  Bekker en Theresa Tannous. Vir die praktiese boedelbereddering word hulle bygestaan deur Julie Stander, Nadia Basson en Sandy Lottering. Die ander Direkteur in die afdeling, Delia du Toit het onlangs uitgetree en verdien die ruskans. Haar bydra sal gemis word, maar sy is steeds 'n konsultant by die firma. Dit lyk asof dit in die afdeling is waar die dinge gebeur, want Theresa Tannous het ook vroeër vanjaar ma geword. Hier is sy en Jade met hulle seun, Nathan   veels geluk!

By Millers was ons nog altyd bekend vir hard werk en hard speel. Kyk net na die lekker fotos van ons onlangse Potjiekoskompetisie. Die verskillende afdelings moes elkeen 'n naam en 'n tema kies en daarvolgens 'n potjie maak vir die kompetisie. Die sjefs van Eden Culinary School of Art en twee bankiers van Nedbank het die beoordeling gedoen. Dit was 'n feestelike dag. Om alles te kroon het die Boedelafdeling ook nog hier met die loure weggeloop. Hoe kan julle nog twyfel wie julle testament moet doen!

Op die hard werk kant kan ons berig dat ons weer vanjaar 'n PMR toekenning gewen het. Hierdie keer het ons die top Diamant toekenning gekry as die mees uitstaande prokureursfirma in die Suid-Kaap.

Ons beste wense aan Fanie Botes, ons bestuurende direkteur, met die  herstel van sy rugoperasie.


Die beoordeelaars van ons potjiekoskompetiese, Fanie & Merlize van Nedbank en Carol & Andrew van Eden School of Culinary Art (van links na regs)
 
Elke span het regtig uitgeblink!
 





 

Die Boedelsafdeling se span
 

Hier is Corne, Willie en Nadia (van links na regs)


Sandy, Theresa en Julie (van links na regs)


Theresa en Jade, met klein Nathan

 

Share: