Millers ontvang PMR.Africa se Golden Arrow Toekenning

27 September 2012 ,  Salomé van Wyk 498

Dit is reeds die vierde jaar dat Millers Ingelyf in 'n PMR.Africa opname gemeet is as die beste regsfirma in die Suid Kaap vir Maatskappye wat die meeste gedoen het in die besigheidssektor om ekonomiese groei en ontwikkeling in die Suid Kaap te stimuleer.  Hulle het vanjaar die Golden Arrow toekenning gewen.  Millers Ingelyf bedien die gemeenskap van George al vir meer as 80 jaar. Hulle missie is 'n koste-effektiewe, spesialis en geintegreerde regsdiens aan hulle kliënte.

Die firma is in 1931 gestig deur Solly Miller.  In 1957 het Felix Harris by hom aangesluit en saam het hulle 'n uitmuntende regspraktyk gebou.  In 1997 het Millers Ingelyf 'n satteliet kantoor in Kaapstad geopen.  Daar is 7 Direkteure in die George Kantoor, wat bygestaan word deur 5 Professionele Assistente en twee Kandidaatprokureurs met 'n totale personeelkorps van 45 in die twee kantore.

Die firma het oor baie jare hulle daarop toegelê om spesialiste in die verskillende velde van die reg te ontwikkel en bly dit steeds hulle misie. Op 1 Julie 2008 het Millers Ingelyf drie direkteure van Phatshoane Henney aangestel en is daarom deel van die Phatshoane Henney Groep van Prokureurs van 25 firmas.  Millers Ingelyf is trots daarop om op vlak 2 van Swart Ekonomiese Bemagtiging te wees.

Die firma se gemeenskapsbetrokkenheid is waarskynlik een van die redes waarom hulle reeds PMR.Africa toekennings ontvang het.  Dit is die beleid van die firma om terug te ploeg in die gemeenskap.  Vir die afgelope 10 jaar is hulle die borg van die George Vodacom Kaasfees se kuiertent, borg hulle 'n watertafel by die Outeniqua Wheelchair Challenge en neem hulle deel aan verskeie ander gemeenskapsprojekte.

Die George Kantoor is geleë te Beacon House, Meadestraat 123. Beacon House is 'n bekende baken in George en Beacon House is dan ook die firma se handelsmerk wat op al hulle briewe en dokumentasie voorkom.  Die firma se internasionale verbintenisse word versterk deur sy lidmaatskap van die internasionale assosiasie van onafhanklike regsfirmas wat geregistreer is in Zurich Switzerland.


Foto 1: Millers baniere versier die Millers Kuiertent by die George Kaasfees


Foto 2: Een van Millers se Direkteure, Prof. Willie van der Westhuizen en sy vrou Annemarie geniet hulself by die Kaasfees.


Foto 3: Direkteure voor Beacon House.  Baniere versier die gebou tydens die George Kaasfees.

 

Tags: Firm News
Share: