Wat gebeur as ek nog wil, maar my kop sê nee?

09 January 2018 ,  Theresa Tannous 247
Jy vóél nog jonk, lewenslustig en gereed vir die lewe, maar die realiteit is soms dat wanneer jy ’n sekere gevorderde stadium van jou lewe bereik, jy jou sleutels in die yskas bêre en daarmee saam dalk die vermoë om jou eie sake te behartig – stadig maar seker koel daardie vermoë wat jy gehad het om jou eie sake te behartig saam met die sleutels af, tot dit dalk heeltemal verdwyn!

Selfs met vandag se gevorderde tegnologie, is daar nog nie ’n towerstaf waarmee ons die tyd onverwyld kan terugdraai nie.  Wat ek wél vir jou kan bied, is gemoedsrus, wanneer dit by die hantering van jou sake kom – groot of klein!

Gelukkig vir ons is daar drie maniere om hierdie kwessie te hanteer:

1. Algemene volmag
2. Aanstel van ’n kurator
3. Aanstel van ’n administrateur

Elkeen van hierdie oplossings het voor- en nadele, wat baie versigtig deurdink moet word.  
Ek nooi jou uit om van die geleentheid gebruik te maak dat ek persoonlik hierdie oplossings aan jou kan verduidelik.  Jy sal ook die geleentheid kry om dié vrae te vra, wat jy dalk nie die vrymoedigheid sou gehad het om te vra in ’n algemene groepbespreking nie. 

Gaan kry gou jou sleutels terwyl jy nog weet waar dit is, maak ’n afspraak en kom loer in vir ’n lekker koffie en meer inligting oor die bogenoemde drie onderwerpe en dan kan ons ook jou testament en/of enige iets anders wat jy dalk op die hart mag hê, bespreek.

Ek en my span is gereed om jou te ontvang en sien uit daarna om jou te ontmoet!
 
Share: